Tuesday, 28 May 2013


Sssh!! In ma'se kas...

Vandag wil ek vir julle op 'n avontuur vat. Dink aan 'n koue winter's aand, jy's allen in die huis en die televisie is sag. Jy'd nou net vir jouself 'n warme koppie swart koffie gemaak. Jy stap in jou ouers se kamer opsoek na 'n bietjie vermaak. Maar magtig! Jy is doodverveld dat jy begine nuuskurig raak. Jy weet dis verkeerd maar jy kan jouself nie stop van rond krap nie. Jy begin krap in pa'se bruin bed kassie wat van stuiwige houd gemaak is, maar jy kry niks. Jy stap ander kant toe en sagies trek jy ma se laai op, jy voel teleurgesteld dat jy niks kry nie, maar wag 'n bietjie wat is die donker blou boek met wit tekening op? Dit lyk baie intresant! Vinning gryp jy die boek uit, en ontmiddelik raak jy bloedrooi soos 'n tamatie. Op die voorblad is daar 'n verm geboude man. Sy bors is kaal en jy kan sy groot spiere sien soos hy sy sterk arms om die jong, pragtige, kleurryke dame sluit. Sy besit net 'n rooi satyn rok wat opgetrek is by haar spierwit boude. Jy voel doodskaam soos jy die boek vashou, maar nuuskurigheid prikkel jou om die voorblad om te swaai...
 Dit is reeds hou ek voel elke keur as ek 'n Mills en Boons boek lees, ek sukkel om dit nuur te sit!

Hoop jy voel die selfde! Lekker lees... 

Wednesday, 22 May 2013

My eerste liefdes...

Onthou jy nog die dag toe jy jou eerste liefde ontmoet het? Onthou jy nog hou jy gebloos  het as hy of sy in die omgewing is? Onthou jy die dag? Die uur? Die plek waar jy jou eerste liefde herken het? 
Ek onthou myne...
Ek was dertien en siek van almal hierdie kinderlike sprokies, ek het meer gesoek. 'N bietjie avontuur, en 'n bietjie meer realisties. Ek het vir passie gesoek en enige iets wat romanties is.

Dis die dag toe ek hulle vind, my eerste liefdes, nie een nie maar twee. Twee op een dag!
My magtig! Maar hulle was aantreklik, asemrovent en ongeloflik. Daardie dag het ek my asem verloor, dit het gevol asof my hart uit my bors kan uitspring! Twee manlike ouens stel belang in my? Was die 'n droom? Gebeur dit met my? Dit kan nie waar wees nie! 

Toe ek by my gedagtenis kom, sal ek sien dit is waar, net soos ek vir hulle kies, kies hulle vir my ook. En wie is die mane waarvan ek skryf? Hulle name is Mills en Boons...
Dis reg ja, Mills en Boons my eerste en enigste liefdes. Kom in en ontmoet my gunstelling ouens, my mane, My Mills en Boons.